Skool

Wednesday 18 January 2012

Die eerste Skooldag , 2012

Ek kannie glo My oudste is sowaar nou volwaardig skoolgaande nie . Dit laat my net weer besef dat tyd vir niemand wag nie .

Eduart is Kinesteties, Dus moet ons soms ander metodes gebruik om die werk by hom tuis te bring. skryf is ;n groot NO-NO totdat hy van die ekstra energie ontslae geraak het . As die dag eers met trane en 'n "ek is moeg" begin  wanneer daar geen rede voor is nie , weet ek dit is tyd om op en af te spring en te hardloop voor ons begin . Ons leer nou die letters vandie alfabet op 'n praktiese manier .

Eduart is kompeterend en dit help om bietjie 'n wortel voor die neus te hou. Ons pak letterkaarte op die vloer uit en as ek die letter roep , moet ons kyk wie land eerste op die regte letter . persoon wat eerste 10 punte het , Wen !  :-) en dit werk!