Skool

Friday 20 May 2011

Oor "akademie "

Ek kyk by die venster uit na waar die kidners buite op die klimraam rondswaai.  dit is 'n Geskree en gelag en 'n Geswaai van 'n Ander wêreld....maar hulle lyk so gelukkig!

Ek bekyk die inkleurwerk van vanoggend en ek besef: :  Dit was onnodig om my kind op 3 en 4 te druk om in te kleur omdat ander mense dit van my verwag, want dit was nie sy tyd nie ....... Dit was laf van my om te dink my kind gaan tot by 30 tel as hy 4 is , want hy is nie gereed daarvoor nie en dit het vir hom geen betekenis nie ... Dit is 'n Rympie.... en hy het dit nie NODIG nie ....

Elke dag wat ek hom met sy eie gedagtes gelos het , het hom ryp gemaak .......vanoggend se inkleurprentjie is "WOW" vir 'n kind van vyf ( af sal ek eerder sê 'n Kinestetiese SEUNTJIE) van 5 ........

My 3 jarige se "pencil grip " is fantasties en een van die dae sal hy ook skryf........


Voorlesing is skielik minder van 'n "issue" , want ek het boeke ontdek waarvan HULLE hou......

Wat meer wil ek hê ??? Gaan dit afhang van die ouderdom waarop hulle 'n taak bemeester het , of hulle in die toekoms werk sal kry ? NEE!


my kinders is gelukkig en dit is al wat saakmaak!


Rugga kids Dag - laerskool lynnwood ( Mei 2011)